Welkom by hierdie webwerf!
Tuisblad afdeling
Hier kry gelowiges die geleentheid om Christelike Beradingsielkunde sessies en groepsessies te bespreek waar onder andere die tegniek wat bekend staan as Christelike Hipnose Terapie ook beskikbaar is.
Kontak
Hier kan besprekings gemaak word vir die volgende sessies:
Christelike Hipnose Terapie – in persoon
Christelike Hipnose Meditasies – groepe
Engel Hipnose Meditasies – groepe

“My meditasie van Hom sal soet wees”
Psalm 104:34 (KJV vertaal)
Dames Tee en Koek oggende vir oud en jonk♥



Kunswerk
Alles is ‘n kunswerk van die Skepper. In die staat van bewustheid waarin gebed, meditasie of Christelike Hipnose Terapie mag plaasvind is ‘n mens reeds een in die Gees van God.
Daar is wel baie mense wat die krag van gebed en of meditasie begryp, ander vermoed soms dit is net ‘n resitasie (met die nodige respek gesê):
Abba Vader

):
Meer oor
Christelike beradingsielkunde help met die herstel van Geestelike, Emosionele, Verstandelike en Fisiese wonde.

Alle wonde is nie altyd sigbaar nie, soos byvoorbeeld die wortels van ‘n boom. Die wonde word wel sigbaar in die vorm van simptome soos siektes, kwale, sommige gedragspatrone, herhaalde lewens situasies en omstandighede. Soos ‘n boom wat nie net altyd goeie vrugte dra nie, lê daar soms diep ingewortelde sienswyses, denkwyses en emosionele wonde midde in die wortels van elke boom.
Hipnose gebeur op ‘n baie natuurlike vlak van bewussyn. Ons almal dagdroom soms en is heeltemal onbewus daarvan dat dit reeds ‘n staat van hipnose is.
Indien mens jou oë sluit, is dit ook alreeds ‘n vorm van hipnose omdat meeste van die stimuli van die buite wêreld uitgesluit word.
Christelike hipnose vind plaas onder die beskerming van die Heilige Gees.
Christelike hipnose is nie teen of vir enige geloof nie. Hipnose word alreeds sedert 1956 in Katolieke kerke gebruik as aanvaarde beradingsterapie.
Daar is wel nog ‘n baie klein persentasie mense wat nogsteeds teen hipnose is in hierdie verligte eeu, dit mag wees dat hul bloot oningelig is oor die genesingsproses of het nog nie self hipnose ervaar nie. Dit is wel belangrik om die nodige sorg aan die dag te lê oor die keuse van ‘n hipno-terapeut.
Hipnose is wel medies en sielkundige aanvaarbaar en goedgekeur.
Christelike hipnose begin en eindig altyd met ‘n gebed.
Baie meer inligting oor die terapeutiese proses word verskaf tydens groepsessies.
†“…Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en die vorige sal nie onthou word nie, ook nie in gedagtes opkom nie.” (KJVv vertaal Jesaja 65:17)†

