
Karin is ‘n plaaslike en internasionale opgeleide hipnoterapeut en berader met ‘n honeursgraad in beradingsielkunde.
Sy verkies om met die geestelike sy van mense te werk en gebruik Christelike hipnose as beradingsterapie.
Haar persoonlike ervaring is dat sommige mense gouer onthou wie en wat hulle werklik is en hoekom hulle hier is.
Alles wat ons is, en het, is net genadegawes, uit liefde ontvang vanuit ons Skepper se Hand.
Dit is ook na hierdie onvoorwaardelike liefde waarnatoe ons weer kan terugkeer.
Sy het al baie mense van verskeie gelowe en kulture bygestaan om hulle geloofsoortuigings te verbreed en te versterk, asook persoonlik te groei op ‘n geestelike vlak tydens privaatsessies, groepsessies – plaaslik en internasionaal.
Sy help ook graag met die geestelike proses van innerlike-herstel om sodoende die buite wêreld in ‘n nuwe lig te kan sien.
God het vlees geword deur Christus. Indien ons Christus bewustelik aanvaar, gee ons Hom volmag om die skeiding tussen God en die mens te oorbrug.
Hemel op aarde is nie net ‘n staat van bewustheid nie, maar ‘n werklikheid vir die wat daarin glo.
Dit is moontlik om bewustelik te kan sterf terwyl jy nog lewe, die “ou” persoon agter te laat en die “nuwe hemel” reeds hier op aarde te ervaar.
“In die huis van my Vader is baie wonings: as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir jou plek voor te berei.” (KJV – vertaal)

