Wat dit behels

Ontwikkeling

Hipnose is amper soos om te slaap, maar terwyl jy wakker is. Die naam kom hoofsaaklik van die Griekse woord “knosis” af, wat beteken om te weet.

Hipnose is nie vir of teen enige geloof of sienswyse nie.

Wat is gebed?

Sy wet is in ons gedagtes geplaas en in ons harte geskryf. Deur Sy liefde sal ons altyd almal aan Hom behoort en nie een van ons sal verlore hoef te gaan nie….

Gebed is ‘n manier van lewe. Deur gebed is dit moontlik om na aan God te lewe en Sy wil vir ons lewe te kan ken.

Wat is geloof?

Geloof is om te glo in dit wat jy in jou hart weet waar is.

Wat is meditasie?

Meditasie is ‘n manier om stil te word voor God, te kan luister, te kan sien, leiding, inspirasie en duidelikheid te kan ontvang op ons daaglikse weë.

Wat is die woord?

Die woord het kragtige skeppingsmagte. Die woord is God en het deur Christus vlees geword.

Wat is die Beeld van God?

Ons is in Sy beeld geskape en het die vermoë om in ons gedagtes te kan sien.

Wat is die Geestelike Liggaam?

Ons almal is geestelike wesens wat op die oomblik ‘n fisiese menslike ervarings geniet.

Wat is Christelike hipnose?

Christelike Hipnose is ‘n kombinasie van al die bogenoemde aspekte en meer.

Dieper stadiums van bewussyn is moontlik tydens hipnose, as tydens gebed en meditasie. Dit dus moontlik om direk by die oorsprong van ‘n kliënt se probleem uit te kom.

So ‘n sessie begin en sluit altyd af met gebed en vind plaas met die hulp van die Geliefde Heilige Christelike “self” onder die beskerming van die Heilige Gees.

Deur die proses van liefde, aanvaarding, versoening en vergifnis, word fisiese, verstandelike, emosionele, geestelike wonde herstel en die proses van saligmaking moontlik gemaak. Genesing vind dus ook op verskeie vlakke plaas.

Christelike Hipnose skep dus meer “Christus-bewustheid” by ‘n kliënt. Hoe groter die kliënt se behoefte is om te herstel, hoe makliker vind genesing plaas.

Wie kan gehipnotiseer word?

Alle hipnose is in werklikheid self-hipnose. Die berader is slegs ‘n tussenganger om ‘n persoon te help om dieper stadiums van bewustheid te bereik en die oorsprong van probleme te vind, te ondersoek en op te los.

“Hy is nie meer hier nie”

Wat ‘n persoon kan verwag tydens en na so ‘n sessie is :

  • bewustheid van wat rondom die persoon aangaan
  • niemand is onder iemand se mag nie, behalwe die Heilige Gees se beskeming is altyd teenwoordig
  • die fokus is op ontspanning, maar verhoogte bewustheid
  • fisiese, emosionele, verstandelike, en geestelike verligting van meeste probleme
  • geestelike herstel en/of verryking
  • gedragspatrone wat verbeter
  • innerlike sintuie en intuïsie wat verskerp en ontwikkel
  • bewustheid oor die geestelike wêreld verbreed
  • insig oor drome en wysheid oor geestelike dimensies mag verkry word
  • die gevoel van Eenheid in liggaam, siel en Gees in Christus word ervaar
  • en nog vele meer
“Kyk Ek staan by die deur en klop”

Translate »